Rugby

Ons beoefen rugby van o/7-o/13. Ons konsentreer veral op die nodige vaardighede van die spel en ook om die spel te geniet. Ons glo ook dat elke leerder wat rugby beoefen deur die jaar ‘n geleentheid moet kry om ‘n wedstryd te speel. Ons fokus op deelname en ook dat die leerder ontwikkel t.o.v spansituasies.

Rugby by Laerskool Laurus is ‘n groot sport in die winter vir seuns. Aangesien die somerseisoen elke jaar tot ‘n einde begin loop, is daar altyd ‘n gons van opwinding soos die nuwe rugbyseisoen nader kom. Laurus kan altesaam met 10 rugbyspanne spog: o/7 A, B, o/8A, B, o/9A, B, o/11A, B en o/13A, B.

Daar is jaarlikse toere waar die o/9A, o/11A en o/13A spanne op toere na die Oos-Kaap en Suid-Kaap gaan.

Alle afrigters is verbonde aan Laerskool Laurus en is almal gekwalifiseerde- en gesertifiseerde Boksmart afrigters.

Gedurende ‘n seisoen kry spanspelers van die o/12- en o/13-groepe die geleentheid om gekies te word vir die SWD o/13 Cravenweek, SWD o/13 Akademieweek, SWD o/13 Sewes en SWD o/12 spanne.  Ons het oor die afgelope 3 jaar 16 spelers in hierdie verskeie spanne opgelewer.

Hokkie

Hokkie gaan by ons skool oor meer as net die spel – dit is ’n kans om selfvertroue te bou, spanwerk te verbeter, en vriendskappe te smee wat verder as die veld strek.

Ons toegewyde afrigtingspan werk hard om elke speler te help om hul volle potensiaal te bereik. Met ń elke nuwe seisoen wag daar ’n vol skedule met wedstryde, toernooie, en oefenkampe op ons!

Netbal

Netbal is een van die gewildste sportsoorte en speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van vaardigheid, spoed en spanwerk. Hierdie dinamiese spansport bou samewerking en sosiale bande, en bied leerders die kans om hul fisiese fiksheid, uithouvermoë en selfvertroue te verbeter.

By Laurus fokus ons op die ontwikkeling van spanprestasie en leierskap, terwyl ons spelers aanmoedig om te streef na persoonlike en spanprestasies. Ons beklemtoon die belangrikheid van sportmanskap, respek vir teenstanders en integriteit op en af van die baan.

Netbal by Laurus is meer as net ’n sport – dit is ’n geleentheid om samewerking, uithouvermoë en trots te bou, wat leerders voorberei vir ’n blink toekoms.

Toutrek

Ons toutrek-2024 was ń opwindende seisoen!

Die SA Kimberley 2024 was ‘n onvergeetlike ervaring.
Ons is opgewonde oor ons prestasies:
– 360kg was 8ste posisie in die land.
– 280kg was 7de posisie in die land.
– 320kg was 4de posisie in die land. Ons leerders het ń goue sertifikaat ontvang.

Die jaar het afgesluit by die Mosselbaai Toutrekfees 2024 met silwer posisie. Trekkers het uitnemende karakter getoon en ‘n hoë standaard agter gelos vir die wat in hul spore wil volg.

Atletiek

Atletiek speel ’n sleutelrol in ons sportprogram en dien as ’n platform waar leerders hul fisiese talente, dissipline en deursettingsvermoë kan ontwikkel. By Laurus glo ons dat atletiek nie net ’n sport is nie, maar ’n geleentheid vir elke leerder om hul volle potensiaal te bereik, beide op en af van die baan.

Ons skool bied ’n verskeidenheid atletiekdissiplines aan, insluitend baan- en velditems soos naellope, middelafstande, verspring, hoogspring, spiesgooi en gewigstoot.

Jaarlikse hoogtepunte sluit ons interne kleurbyeenkoms en deelname aan streek- en nasionale byeenkomste in, waar ons skool se trots en spanbou sigbaar is. Ons is trots op die geestesgesindheid en toewyding van ons atlete, wat altyd streef om Christus se lig uit te straal deur hul dade en prestasies.

By Laurus inspireer ons elke leerder om ’n gesonde balans tussen kompetisie en sportmangees te handhaaf, terwyl ons hulself steeds herinner aan ons leuse: “Om te hardloop, maar ook om te volhard.”

Skaak

Laerskool Laurus se skaakklub kom twee keer per week bymekaar vir ‘n lekker uitdaging op die skaakbord. Hier word hard gekonsentreer om die beste skuif uit te dink. Groot is die verligting (of frustrasie…) as dit skaakmat is.

Leerders neem jaarliks deel aan die Oudsthoorn proewe en later kan hulle ook vorder na die Eden proewe.

Leerders wys ook hulle skaakvernuf tydens ons jaarlikse interskole teen Laerskool Denneoord en Laerskool Blanco.  verder neem ons ook deel aan Laerskool Van Reede se skaaktoernooi.

Skaak bevorder konsentrasie – kom speel saam! 

Skooltye

Voorskoolsentrum
Sonstraaltjies – Graad R:
07:15 – 12:30

Grondslagfase
Graad 1 – Graad 3: 
07:15 – 13:10

Seniorfase
Graad 4 – Graad 7:
07:15 – 13:20

Kontak Ons

Tel: 044 272 3946
E-Pos: lauruskantoor@gmail.com

Facebook

Instagram